Lynsaad Gesigmasker // Flax Seed Face Mask

Facial, mask, face.

 

Lynsaad Gesigmasker

 

(Scroll down for English version)

Lynsaad is nie net ʼn wonderlike gesondheidskos wat jou help om mooi te bly van binne nie, maar jy kan ook voordeel trek uit die gesonde omega 3-vetsure daarin deur hierdie gesigmasker te gebruik. Dit speel klaar met ʼn droë vel en is ʼn bron van plant-estrogene wat sal help om jou gelaat glad en elasties te hou en ook soepel en sag sal laat lyk en voel.

Die vesel werk soos ‘n ligte afskilferaar en absorbeer oortollige olies, wat voordelig is vir ʼn aknee-vel. As gevolg van die strelende en bevogtende effek, sal mense wat ly aan ekseem of psoriase ook baat vind daarby.

Gooi 1/3 koppie kookwater by ‘n eetlepel lynsaad in ‘n klein bakkie. Jy kan ook ‘n teelepel heuning en ‘n druppel laventelolie of ongegeurde Griekse jogurt byvoeg nadat die mengsel tot by kamertemperatuur afgekoel het.

Die saadjies sal uitswel en die water taai word en ʼn jellieagtige stof vorm. Smeer die jel aan jou skoon gesig en ontspan daarmee vir 20-30 minute, terwyl jy bad of ‘n boek lees. Spoel dit af met lou water en wend ʼn goeie bevogtiger aan.

 

Flax Seed Face Mask

 

Flax seeds keep you beautiful on the inside, but you can also take advantage of the healthy omega 3 fatty acids in an easy-to-make face mask, which will help to deal with dry flaky skin during winter. Flax seeds also contain phyto-estrogens that keep your skin smooth and elastic and make it appear more soft and supple. It is a gentle exfoliator that will help to remove excess oil, making it useful for people with acne prone skin too. Because of its soothing and moisturising effect, the mask will also benefit those suffering from eczema or psoriasis.

Add 1/3 cup of boiling water to a tablespoon of flax seeds in a small bowl. You may add a teaspoon of honey or a drop of lavender oil or blend in some unflavoured Greek yoghurt after the mixture has cooled off to room temperature.

The seeds will swell and the water will become sticky and form a jelly-like substance. Spread the gel onto your freshly cleaned face and relax for 20-30 minutes while it does its magic. When dry, rinse off with tepid water and follow with a moisturiser.